Welkom by die
Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging
Waar Jag en Bewaring Verenig
Sedert Augustus 1969 jou eerste keuse
SAPD Akkreditasie # 1300084
By ons is jy nie net 'n nommer nie
Agt Takke wat jou persoonlik diens
Bosveld Jagters was genoop, na geografies verspreide lede uitbreiding sedert 1969, lede groepeer en dit het gelei tot takke se ontstaan.
Weens die groeiende behoefte van individue wat georganiseerd wil groepeer is besluit om die "Aanlyn Tak" te stig en vuurwapen geesdriftiges die geleentheid te gee om afsonderlik aan te sluit en die voordele van SAPS geakkrediteerde lidmaatskap te geniet met uitgebreide voordele ook an Toegewyde Jag en Sportskiet kwalifikasies en statusse.
Waar lede in 'n bepaalde geografiese wil groepeer in takke van 150 lede plus, bied Bosveld Jagters 'n platform, ondersteun deur 'n bewese lede en aktiwiteit bestuurstelsel, om dit naatloos te doen. (Kontak die Uitvoerende Voorsitter gerus indien u sodanige behoefte het - Sien Uitvoerende Bestuursbesonderhede vir kontak detail)
Uitvoerend is derhalwe die Bestuursentum van Bosveld Jagters en huisves alle Aanlyn lede onder die E-Lid kategorie wat tans nie in hul onmiddelike omgewing beskik oor die nodige takstruktuur en/of skietbane en ander fasiliteite om hul passie vir die natuur, Jag en sportskiet uit te oefen nie.
Omgewing- en Natuurbewaring speel 'n baie groot rol in ons visie en missie en derhalwe het ons 'n vleuel wat hierdie aspek aanspreek. Tesame met Konfederasies soos CHASA (Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid Afrika) en SUCO (Sustainable Use Coalition), streef ons saam na die bewaring van ons plant en dierelewe.
Maak jou keuse met ons pasmaak pakkette - Choose the tailor made package for your needs
Wie is die Bosveld Jagters - en Wildbewaringsvereniging?
Wil jy graag jou Toegewyde Jagter Status of Toegewyde Sportskiet Status bekom?
BJV UITVOEREND
ABSA Bank
Tjek Rek No.: 405 173 2406
Tak: 632 005
Verwysing: Lid no. & Van