DOELSTELLINGE:

 

5.1         Om kennis op te doen van die wild- en natuurlewe.

 

5.2         Om met ander organisasies en instansies saam te werk wat dieselfde, en soortegelyke doelwitte nastreef as hierdie Vereniging en in die algemeen alles te doen wat bevorderlik is vir die bewaring, beskerming, aanvulling en volhoubare benutting van die wild- en natuurlewe in die algemeen.

 

5.3         Om die jag van wild op selektiewe, oordeelkundige en etiese wyse in die algemeen te bevorder en niks te doen of toe te laat wat strydig is met enige landswet, of ordonansie met betrekking tot wildbewaring en natuurlewe in die algemeen nie.

 

5.4         Die Vereniging is ‘n nie-wins Organisasie.

 

5.5         Die Vereniging is ‘n nie-politieke Organisasie en het geen politieke affiliasie nie.

 

5.6       Om ons kultuurerfenis van jag- en jagwapens te behou en enige bedreiging daarteen ten sterkste teen te staan.  Om hierdie kultuur van jag- en jagwapens aktief uit te leef, te bevorder en uit te brei, veral onder die jeug.  Om deel te wees, volgens keuse, van enige verteenwoordigende verkose liggaam, organisasie of vereniging wat op ‘n geko-ordineerde wyse hierdie jag- en jagwapenkultuur beskerm en uitdra.