Letaba tak Groeperings kompetisie 2016 !

Dit is weer daardie tyd van die jaar! Kom neem gerus deel

Vrydag 30 September vanaf 12h00 tot 16h30 oop vir enige persoon om deel te neem, daar sal wel voorkeur gegee word aan Baan Beamptes en helpers.

Saterdag 1 Oktober word die eerste skote 08h00 gevuur en die laaste teikens word om 15h00 verkoop. Die laaste aflos sal om 15h30 wees op diskressie van die organiseerders.

Laai asseblief PDF leêr met kompetisiereëls onder aan hierdie bladsy af :

 

Sien inligting rondom luiperdprojek onder WILDBEWARING



Nuwe CHASA lesings (in Engels)

Die nuwe CHASA lesings is op die webwerf ingesit onder Lede / Kursusse & Aktiwiteite / Senior kursus. Omdat dit baie groot is, is dit in 4 dele verdeel van 50 bladsye elk. Laai asseblief die PDF leêr onderaan die bladsy af en druk dit uit as u wil (dit is amper 200 bladsye) of stoor dit op u rekenaar. Op hierdie stadium is dit nog net in Engels beskikbaar, maar een van die CHASA lede is besig om dit in Afrikaans te vertaal.

BAIE BELANGRIK - Toegewyde Jagters!!!!!

Onthou dat die Voorsitter van jou tak elke jaar einde November moet teken dat jy nog kwalifiseer as Toegewyde Jagter. Om jou Toegewyde Jagter status te kan behou, moet jy voldoen aan die volgende twee vereistes:

1. Jy moet 'n opbetaalde lid wees (maak dus seker jy is opbetaald!)

2. Jy moes ten minste 3 aktiwiteite van BJV deur die jaar bygewoon het. Jagte wat jy onderneem het deur die jaar kan ook tel as aktiwiteite - MAAR DAN MOET JY DRINGEND BEWYSE VAN HIERDIE JAGTE AAN JOU TAKSEKRETARIS VOORLê  sodat hy/sy dit op die webwerf op jou databasis kan aanbring. Onthou dat as jy nie aan bogenoemde twee vereistes voldoen nie, kan jou voorsitter nie vir jou teken nie en sal jy dan onmiddelik jou Toegewyde Jagterstatus VERLOOR. As dit gebeur, en jy besit meer as 4 vuurwapens, sal jy onmiddelik al jou vuurwapens behalwe vier aan die SAPD moet oorhandig - want dan is dit onmiddelik onwettig. Moet asb dus nie bogenoemde ligtelik opneem nie. Dit gaan dalk nie maklik wees om weer as Toegewyde Jagter te registreer as jou status eers verval het nie. As daar onvermydelike omstandighede buite jou beheer was wat jou verhoed het om bg na te kom, stuur dan voor middel Desember 'n verslag daaroor aan jou Voorsitter wat die omstandighede verduidelik.