Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging
BJV
Forgot Your Password?
Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging
Vergadering
.
UITVOERENDE Bestuursvergadering
.
All
DueDate 2025-08-13
 

12. AFWESIGHEID VAN VERGADERING:

12.1   Indien ‘n voorsitter van ‘n bestuur van ‘n vergadering afwesig is, sal die Ondervoorsitter in die amp ageer, en in laasgenoemde se afwesigheid sal die aanwesige lede ‘n waarnemende voorsitter uit hulle geledere aanwys

12.2    Indien enige bestuurslid sonder ‘n goeie rede afwesig is van 2 (TWEE) agtereenvolgende vergaderings, kan sodanige lid summier uit sy amp ontslaan word en kan die vakature gevul word deur sodanige persoon as wat op die volgende algemene jaarvergadering aangewys mag word, of wat intussen gekoöpteer word deur die betrokke bestuur.

12.3     Indien die voorsitter en onder-voorsitter van ‘n tak nie ‘n uitvoerende bestuursvergadering kan bywoon nie, moet ‘n lid van die betrokke tak se bestuur aangewys word om die vergadering by te woon as plaasvervanger, welke lid dan vir die betrokke vergadering as ‘n volle lid van die uitvoerende bestuur sal ageer.

13. MAGTE EN PLIGTE VAN BESTURE:

 

      Die Uitvoerende Bestuur sal verantwoordelik wees vir:

13.1.1     Die vereniging se beeld skakeling na buite en bevordering of nastrewing van die vereniging se doelstellings;

13.1.2     Alle administrasie koördineer en orden met inbegrip van finansies en byhou van ‘n lederegister en lede aktiwiteitsregisters;

13.1.3     Die aanstel van amptenare of werknemers teen vergoeding en op diensvoorwaardes as wat dit wenslik mag ag ter nastrewing van die doelstellings van die Vereniging, en om hierdie amptenare of werknemers na goeddunke te skors of te ontslaan;

13.1.4     Na goeddunke roerende en/of onroerende bates aan te koop, te huur of   andersins te bekom ter nastrewing van die doelstellings van die vereniging, en om sodanige bates te verkoop, te verhuur of op enige ander wyse te vervreem, te belas of van die hand te sit. Alle eiendoms transaksies, hetsy op uitvoerende bestuursvlak of op tak vlak, sal gedoen word in die naam van die Bosveld Jagters- en Wildbewaring vereniging en sal aan die einde daarvan verwys na of Uitvoerende Bestuur of naam van betrokke tak na gelang van die geval

13.1.5     Alle transaksies soos omskryf in 13.1.4 hierbo op alle vlakke sal onderhewig wees aan die vooraf goedkeuring van die betrokke uitvoerende bestuur of betrokke tak bestuur (na gelang van die geval) en kan nie deur die dag bestuur goedgekeur word nie. Sodanige goedkeuring geskied by wyse van meerderheidstem van die betrokke       bestuur waar ’n kworum teenwoordig is. Die betrokke voorsitter van die relevante bestuur sal gemagtig wees om kragtens resolusie wat volg op goedkeuring by wyse van stemming alle oordrag dokumente of regs dokumentasie te onderteken waartoe hy of sy kragtens die resolusie gemagtig word;

13.1.6     Die toelaat van die stig van takke van die vereniging ter nastrewing van     die doelstellinge en binne die raamwerk van die Grondwet van die vereniging;

13.1.7     Die reël van tussen tak-aktiwiteite;

13.1.8     Die reël van algemene jaarvergadering en jaareinde funksie van die vereniging;

13.1.9     Die beheer, bestuur, onderhoud en instandhouding van alle bates van die vereniging, wat nie op tak vlak as sulks hanteer word nie;

13.1.10   Sal so dikwels vergadering hou as wat nodig is, maar nie minder as een  keer elke vier maande nie;

13.1.11   Die uitvoerende bestuur sal die reg hê om reëls of voorskrifte uit te vaardig in die vorm van beleid skrywe/s wat nodig of dienstig is om enige van die werksaamhede van die vereniging te orden, met inagneming van die takke se belange en ter nastrewing van die vereniging se doelstellings, welke beleid skrif nie in teenstryd moet wees met die Grondwet nie;

13.1.12  Die uitvoerende bestuur sal ‘n bankrekening open by sodanige bank instansie as waarop die meerderheid van die bestuur mag besluit en sal beleggings maak op so ‘n wyse as wat tot voordeel van die vereniging sal strek. Alle betalings of betalings magtiging instruksies van die vereniging sal onderteken word deur minstens 2 (TWEE) persone soos aangewys mag word deur die uitvoerende bestuur van tyd tot tyd;

13.1.13  Die uitvoerende bestuur sal jaarliks besluit oor die verdeling van ledegeld tussen takke en die vereniging se hoofkantoor;

13.1.14  Die verhoor van appèlle ten opsigte van enige dissiplinêre verhoor in terme van die dissiplinêre kode/s soos uitgevaardig van tyd tot tyd;

13.1.15  Aanbevelings doen aangaande toekenning of opskorting van erelidmaatskap;

13.1.16  Notule sal gehou word van alle vergaderings.

Facilitator Hansie Botha
Location Bosveld Pub & Grill, Pietersburg
ActivityID 7208
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 087 164 5600
executive@bushveldhunters.co.za
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 087 164 5600
executive@bushveldhunters.co.za
BJV