GEBRUIK
Persone wat die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging webwerf vir welke rede ookal gebruik, aanvaar en onderwerp hulleself aan die bepalings en voorwaardes asook die privaatheidbeleid van Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging wanneer hulle die webwerf betree soos hieronder uiteengesit.
Hierdie webwerf is slegs bedoel om die gebruiker van inligting oor Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging, sy produkte en dienste te voorsien.
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging behou uitdruklik die reg voor om in sy algehele diskresie, enige kriteria of inligting in hierdie webwerf uiteengesit, sonder kennisgewing te verander of te wysig.
•     Geen logo, grafika, klank of beeld van hierdie webwerf mag gekopieër of herversend word sonder die uitdruklike toestemming van Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging nie.
ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE
Deur hierdie webwerf te gebruik of elektronies met Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging te kommunikeer, stem gebruikers in erken hulle dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, bekendmakings of enige ander kommunikasie, aan enige regsvereistes voldoen, insluitend maar nie beperk nie tot die vereiste dat sodanige kommunikasie "skriftelik" moet wees.
PRIVAATHEIDBELEID
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging respekteer jou privaatheid en is verbind tot beskermingsbeginsels tov privaatheid Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging se inligtinginsameling- en -verspreidingspraktyke word in hierdie privaatheidbeleidsverklaring uiteengesit.
Terwyl jy hierdie webwerf gebruik, kan inligting oor jou deur ons ingesamel word, of deur jou verskaf word. Sodanige inligting word die eiendom van Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging. Ons het die reg om jou inligting te gebruik om anonieme statistiek op te stel, wat ons eiendom bly.
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging mag hierdie persoonlike inligting gebruik om jou van tyd tot tyd in te lig oor ons produkte, dienste of gebeure. Jy kan enige tyd per e-pos versoek dat Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging ophou om sodanige inligting aan jou te stuur, of versoek dat jou persoonlike inligting van ons databasis of poslys verwyder word. [Onthou om jou korrekte e-posadres te verskaf].
Jy kan ook versoek om toegang te verkry tot enige persoonlike inligting rakende jou wat in Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging se besit is. In Wet 2 van 2000 op die Bevordering van Toegang tot Inligting ("PROATIA") word uiteengesit en voorgeskryf hoe sodanige versoek gerig moet word en in watter omstandighede toegang geweier kan word.
Jy kan jou persoonlike inligting bywerk of korrigeer per e-pos [verskaf asb jou korrekte e-posadres hiervoor]. Jy kan ook jou persoonlike inligting wat in ons besit is besigtig en laat korrigeer indien nodig deur 'n skriftelike versoek te rig aan Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging .
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging sal geen persoonlike inligting aan enigiemand, behalwe soos voorsien in die beleid, bekend maak nie. Dit mag dalk nodig wees om persoonlike inligting aan werknemers of agente van Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging bekend te maak, wat sodanige inligting nodig het om hul werk te doen. Daar kan ook situasies ontstaan waar die wet van ons vereis om jou persoonlike inligting bekend te maak. In alle ander situasies, behalwe in die geval dat Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging of sy mededienste of -webwerw(e) verkoop word, sal Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging nie jou persoonlike inligting bekend maak sonder om jou vooraf in kennis te stel en jou kans te gee om toestemming daartoe te gee nie.
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging neem nie verantwoordelikheid nie, gee nie waarborge nie en maak geen voorstellings ten opsigte van die privaatheidbeleide of praktyke van gekoppelde of enige derdeparty-webwerwe nie.
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging behou die reg voor om enige tyd die bepalings en voorwaardes van hierdie privaatheidbeleid te wysig. Dis jou verantwoordelikheid om elke keer as jy die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging webwerf betree, enige sodanige veranderinge deur te kyk. Jou volgehoue gebruik van die webwerf nadat veranderinge aanlyn versend is, bevestig jou aanvaarding van hierdie beleid soos gewysig deur sodanige veranderinge.
Indien jy enige navrae of kwelvrae het oor hierdie beleid of die manier waarop ons jou persoonlike inligting hanteer, kontak ons asseblief per e-pos.
VERSENDING VAN INLIGTING
Die gebruiker erken dat inligting wat via die Internet versend word, insluitende e-pos sonder beperking, blootgestel is aan monitering en onderskepping. Die gebruiker word dus afgeraai om enige inligting wat vertroulik, privaat of sensitief is na Inkonka te versend. Die gebruiker sal volkome verantwoordelik wees vir die versending van sodanige inligting op hierdie wyse en Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir verlies, nadeel of skade wat die gebruiker as gevolg van daarvan mag ly nie. Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging behou die reg voor om onafhanklike verifikasie van enige inligting wat via e-pos versend word te versoek en die gebruiker stem in tot sodanige verifikasie sou Inkonka dit nodig ag.
Enige inligting of materiaal wat aan Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging gestuur word, word as vertroulik beskou, tensy skriftelik anders ooreengekom deur die gebruiker en Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging.
KOPPELING EN RAAMKOPIëRING
Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om met enige blad van hierdie webwerf, insluitende die tuisblad, te koppel sonder vooraf skriftelike goedkeuring van Inkonka.
Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om enige bladraam van hierdie webwerf, insluitende die tuisblad, op enige manier te kopieër sonder vooraf skriftelike goedgeuring van Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging.
OOREENKOMSTE INGEVOLGE KLOUSULE 21 VAN DIE WET OP ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE EN TRANSAKSIES
Geen inligting of data op hierdie webwerf is 'n aanbod nie, maar bloot 'n uitnodiging om besigheid te doen.
Geen ooreenkomste sal aangegaan word deur bloot 'n databoodskap aan hierdie webwerf of sy eienaars te stuur nie. Geldige ooreenkomste vereis erkenning van ontvangs deur hierdie webwerf.
SOEKTEGNOLOGIE
Die gebruik van nie-kwaadwillige soektegnologie soos "webruspers" of "webspinnekoppe" om inligting op hierdie webwerf te soek en verkry word nie toegelaat as sodanige tegnologie lei tot vertraging van die webwerf se bediener en/of tot kopieregskending van enige data en inligting wat op hierdie webwerf beskikbaar is nie.
KOPPELING MET DERDEPARTYWERWE
Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging kan koppelings aan die gebruiker verskaf as 'n gerief en die insluiting van enige koppeling impliseer geensins dat Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging sodanige werwe onderskryf nie.
Gekoppelde webwerwe of blaaie is nie onderhewig aan die beheer van Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging nie. Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging kan geensins direk of indirek verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die inhoud, gebruik of onvermoë tot gebruik, of toegang tot enige gekoppelde webwerwe of enige koppelings wat in 'n gekoppelde webwerf voorkom nie.
SEKURITEIT
Enige persoon, besigheid of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te kry of probeer kry tot enige blad op hierdie webwerf, of om enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf af te laai of te probeer aflaai. Enige persoon wat enige ongemagtigde, skadelike of kwaadwillige kode op hierdie webwerf aflaai of probeer aflaai, of probeer om ongemagtigde toegang tot enige blad op hierdie webwerf te kry, sal krimineel aanspreeklik gehou word en indien Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging enige skade of verlies daardeur sou ly, sal siviele skade geëis word.
VRYWARING
Hierdie webwerf en die inligting daarin vervat word verskaf "soos dit is" en Rapportryerbeweging maak geen uitdruklike of geïmpliseerde voorstellings of waarborge tov hiervan nie. Sonder om die omvang van die voorgaande in te kort:
•    Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging waarborg nie dat die webwerf of inligting foutloos sal wees of aan enige spesifieke kriteria vir verrigting of gehalte sal voldoen nie. Inkonka ontken uitdruklik alle geïmpliseerde waarborge, insluitend, sonder beperking, waarborge van verhandelbaarheid, titel, geskiktheid vir 'n spesifieke doel, nie-skending, aanpaspasbaarheid en akkuraatheid; en
•    hoewel Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging redelike voorsorg getref het om die integriteit van hierdie webwerf en sy inhoud te verseker, word geen waarborg verskaf, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, dat enige lêers, afladings of toepassings beskikbaar via hierdie webwerf vry is van virusse, trojane, bomme, tydgrense of enige ander data of kode wat die vermoë het om die werking van die gebruiker se stelsel te korrupteer, beskadig of aan te tas.
RISIKO & BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID
Die gebruiker gebruik hierdie webwerf en die inligting daarin geheel en al op eie risiko en die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko van verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Nóg Inkonka, sy affiliasies, of hulle aandeelhouers, agente, konsultante of werknemers sal aanspreeklik wees vir enige skade hoegenaamd, insluitend, sonder beperking, enige direkte, indirekte, spesiale, toevallige, gevolglike of bestraffende skadevergoeding, hetsy in 'n aksie voortspruitend uit kontrak, wet, onregmatige daad of andersins, rakende die gebruik van, of onvermoë om hierdie webwerf of die inligting daarin vervat, te gebruik. Hierdie klousule is nie van toepassing op klousule 43(5) en (6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies nie.
Hoewel alle redelike stappe gedoen is om die akkuraatheid en veiligheid van die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging webwerf te verseker, word die produkte en dienste wat op hierdie webwerf geadverteer word op die gebruiker se eie risiko gebruik. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikehid en risiko van enige besering, skade of verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging sal nie aanspreeklik wees vir enige persoonlike of fisiese skade of verlies, hoe ookal veroorsaak, hetsy direk of indirek, voortspruitend uit die gebruik van die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging webwerf nie.
SKEIBAARHEID
Hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik verteenwoordig die volledige ooreenkoms tussen Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging en jou, die gebruiker van die webwerf. Enige versuim deur Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging om enige reg of bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes vir gebruik uit te voer of af te dwing, verteenwoordig geensins 'n kwytskelding van sodanige reg of bepaling nie.
In die geval waar enige bepaling of voorwaarde vir die gebruik van hierdie webwerf om welke rede ookal nie volkome afdwingbaar of geldig is nie, sal sodanige bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie deur sodanige onafdwingbaarheid of ongeldigheid beïnvloed word nie en sal afdwingbaar en toepaslik bly.
TOEPASLIKE WETGEWING
Hierdie webwerf word vanuit die Republiek van Suid-Afrika aangebied en Suid-Afrikaanse wetgewing en die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe beheer die gebruik van hierdie webwerf of die onvermoë om dit te gebruik.
In geval van enige dispuut van hoegenaamd enige aard tussen die partye oor enige aangeleentheid waarvoor in hierdie ooreenkoms voorsiening gemaak word, of wat hieruit ontstaan, sal so 'n dispuut onderwerp word aan vertroulike arbitrasie ingevolge die reëls van die Arbitrasiestigting van Suid-Afrika. Die arbitrasie reëls kan hier afgelaai word: http://www.arbitration.co.za/Pages/docs/expedited_rules.pdf
1. Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging aanvaar geen verantwoodelikheid vir enige waarborge voorgestel of uitgespreek wat die akuraatheid van die inligting wat op hierdie webblad betref nie.
2. Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade wat gelei kan word na aanleiding van enige inligting, dienste of produkte wat in hierdie webblad voorgehou word nie.
3. Die web-koppelings wat voorgehou word in hierdie webblad hou verband met webwerwe wat nie deur Inkonka beheer word nie. Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging aanvaar geen verantwoodelikheid of aanspreeklikheid wat die gebruik van heirdie web-koppelings betref, hetsy deur direkte of indirekte gebruik nie. Die web-koppelings wat voorgehou word dui geensins aan dat Inkonka web-koppelings enigsins onderskryf nie.
4. Hierdie vrywaarding en stipulasies sal beheer en versorg word in lyn met voorskrifte soos vervat word in die Suid Afrikaanse Wet.