Bosveld Jagters- en Wild- bewaringsvereniging bestaan uit 9 takke naamlik Kremetart in Messina; Soutpansberg in Louis Trichardt; Letaba in Tzaneen; Pietersburg; Potgietersrus; Waterberg in die Nylstroom area; en Magaliesberg in die Pretoria omgewing, Rustenburg en Hoedspruit. Elke tak bied 'n kaleidoskoop van aktiwiteite aan en elkeen het 'n eie kultuur uniek aan sy streek. Kontak die verskillende besture en vind meer uit oor waar jy kan inskakel. Hou almal se kalenders dop en geniet saam met die verskillende takke hulle aktiwiteite.

Indien jy nie jou tuisdorp hier sien nie en graag by ons wil in skakel kan jy óf by die naaste tak aan jou inskakel óf met die uitvoerende voorsitter kontak en ons help jou graag met takstigting.