Ons Redakteur, Piet de Jager, is voortdurend op soek na artikels, stories en foto's vir ons Impala tydskrif. Skryf asseblief jou storie van 'n lekker jag - onthou, ons is almal jagters, en dis net so lekker om te lees van die rooibokooi wat jy vir 'n uur lank bekruip het as om te lees van die groot buffelbul wat jy platgetrek het. Enige storie wat iets met jag te doen het, sal verwelkom word. Ons soek ook aktuele artikels en dan is ons engelse stories ook baie min - moenie bekommerd wees as jy nie goed kan spel of oor jou sinskonstruksie nie - Piet sal dit regdokter! Laat kom ook julle foto's wat ons kan plaas, skryf net kommentaar daarby. Piet se besonderhede is as volg : 
e-pos adres : impalaredaksie@gmail.com    Selfoon : 083-628 8410    Fakslyn : 086-614 5650 

Dubbelkliek op die PDF leêrs hieronder om die vorige en die nuutste Impalas te besigtig. As gevolg van die hoë drukkoste en koste om al die Impala's gepos te kry na elke lid, het die lede op die Algemene Jaarvergadering van Januarie 2008 besluit om kwartaalliks 'n Impala op die webwerf te plaas, en dan aan die einde van elke jaar een Impala uit te gee met al die artikels van die jaar en dit dan te koop aan te bied aan lede - dit sal dan 'n puik bêreboek van gehalte wees wat jy altyd weer sal kan lees. Onthou dat elke tak 'n beurt kry om die meeste van die artikels en stories vir 'n uitgawe bymekaar te maak.