BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING.

�n Beknopte geskiedenis

Die ou �Transvaal� was en is bekend as daardie deel van ons land waar �n mens nog �n stukkie biltong kan kom haal en terselfdertyd ook kan probeer om �n mooi trofee te kan jag. Is dit nie ons burgers se tradisie om baie lief te wees vir die bos en stil stil sy plekkie langs �n rivier of spruit te kry om in stilte na die sterre te kyk en ook by sy kinders dieselfde liefde te kweek vir kamp en in die kampvuurtjie te kyk?. Wat is daar ten slotte lekkerder as om in die bos jou vleisie te braai wat jy self geskiet het?

DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING is in Augustus 1969 gestig deur �klein� klompie manne in Pietersburg wat gevoel het dat jagters �n behoefte gehad het om op �n georganiseerde basis bymekaar te kom om :

1. sake van gemeenskappelike belang te bespreek,

2. op �n gereelde tyd met mekaar te deel met die afgelope jagseisoen se trofe�, en

3. om mekaar bystand te verleen waar en wanneer nodig is.

Die oorspronklike aantal persone was net agt (8) maar het tot op hede uitgegroei tot naby die 3200 lede. Ons lede bestaan uit die volgende kategorie�:

Hooflede, wat hooflid met gesin is, Senior Lede, wat volwassenes is, en Junior lede, wat voltydse studente is wat geen inkomste verdien nie.

Ons Vereniging het 7 takke; n.l. Kremetart in Messina; Soutpansberg in Louis Trichardt; Letaba in Tzaneen; Pietersburg; Potgietersrus; Waterberg in die Nylstroom area; en Magaliesberg in die Pretoria omgewing.