Die Magaliesberg tak is gestig op 11 September 2003. Die aanvanklike rede vir die stig van die tak was om bestaande BJV lede wat na Gauteng verhuis het, te diens. Die tak het sederdien `n tak in eie reg geword wat bestendig groei.Die tak bied jaarliks `n vol program aan wat onder meer insluit junior opleiding, senior opleiding, skietdae en sosiale funksies. Ons beywer ons om die hele gesin te betrek en daarom sluit ons handwapenskiet, boogskiet, kleiduif en jaggeweer in by ons skietdae. Die takbestuur se doelwit is "Om `n diens aan ons lede en potensiele lede te bied op so wyse dat hulle ons verkies bo soortgelyke verenigings tot voordeel van die tak en elke lid". Die Magaliesberg tak van die BJV bied dus `n uitstekende alternatief aan die publiek. Ons moedig lede aan om aktief betrokke te wees by aktiwiteite en sodoende deel te word van `n positiewe groep jagtersfamilie wat mekaar se geselskap waardeer, mekaar se tekortkominge aanvul en waar goeie sportmangees hoogty vier.
Ledegelde word voortaan in ons tak rekening inbetaal, en nie meer in die uitvoerende rekening soos in die verlede nie.
Klik op vars nuus.
Nadat u die CHASA Bekwaamheids kursus (teorie en prakties) suksesvol afgelê het, kan u aansoek doen vir u Toegewyde Jagter Status. Hierdie status word deur die tak goedgekeur en uitgereik. Die koste verbonde aan hierdie aansoek beloop `n eenmalige bedrag van R200.00.
Kontak persoon: Pos vakant
Kontak Persoon: Johan Nöthling - 078 521 3748
Kontak persoon: Johan Van Loggerenberg - 083 284 9785
Kontak persoon: Gene Swartz
Kontak persoon: Vakant
Kontak persoon: Santie Grobler - 084 584 4254
2019 Kalender
Kyk gerus na van ons lede se foto`s. Dit is vir elkeen van ons kosbare herhinneringe van vreugdevolle gebeurtenisse. Stuur jou foto's vir ons sekretaresse sodat dit geplaas kan word.