Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging is in Augustus 1969 gestig in Pietersburg. Daar het in daardie stadium geen takke bestaan nie. Dit kan beskou word as die ontstaan van Pietersburg tak. Die ledetal het gegroei tot meer as 900 lede, wat dit die grootste tak in die BJV maak. Daar word jaarliks verskeie opleidings geleenthede gebied wat die volgende insluit: Junior- 1 en 2, CHASA-, spoorsny- en herlaai kursusse. Daar word ook verskeie skietdae aangebied en ons neem ook deel aan die 2 intertak skietdae (Eerste Saterdag in Februarie wat 'n span en individuele skiet is en die derde Saterdag in September wat 'n spanskiet is) Daar word 'n beroep gedoen op lede om die aktiwiteite by te woon en te kom deel in die pret.
Hier word die notule van die laaste vergadering en die agenda vir die volgende vergadering geplaas. Lede word versoek om dit self uit te druk en saam te bring vergadering toe indien hulle dit benodig tydens die vergadering. Gedrukte agendas en notules sal nie meer by vergaderings beskikbaar wees nie.
Pietersburg Tak
Onder die afdeling sal ons relefante korrespondensie wat van hoofkantoor af ontvang is plaas. Kom kyk maar gereeld.
Hier is die reëls van die verskillende amptelike skietkompetisies waaraan jy binne die BJV kan deelneem.