Die Voorseisoen skietdag is die hoof skietdag van Letaba tak en ook die dag waar ons skietkampioene vir die jaar gekies word op grond van hulle prestasie vir die dag.

Daar word 'n Ope Kampioen, Dames kampioen en Junior kampien van die Jaar gekies op hierdie dag. (Sien Letaba tak se Ererol vir die vorige kampioene). Ons verkry gewoonlik 'n hoofborg vir die dag  wat sorg vir baie goeie pryse vir die dag.

Deur die dag is eet- en drinkgoed beskikbaar en die aand is daar gewoonlik 'n heerlike braai tydens die prysuitdeling, en daar is 'n kontantkroeg beskikbaar met die beste pryse in die land!

Op hierdie dag word gewoonlik ook in al die verskillende skietdissiplines meegeding (sien "Skietdae" elders op Letaba tak se webblaaie) en dis gewoonlik die lekkerste skietdag van die jaar - 'n dag wat geen lid behoort te mis nie!