Kom neem ook deel aan ons PARE JAG kompetisie.

Dit loop sekondêr saam met die Trofeemeet kompetisie. Kies jou jagmaat en jag soos gewoonlik.

Alle diere met horings tel, manlik of vroulik.

Die JAGPAAR se trofeemeet inskrywingspunte word dan bymekaargetel, beste vyf spesies van elke jagter.

Die eerste drie plekke wen pryse.

Dit kos maar R50/persoon, dus R100/paar.

Skryf voor 30 April in om deel te neem.

Kontak Wallie van Dyk vir meer inligting 083 452 2414

Sien die dokument hieronder om die verskillende gewigte van puntetoekennings te verken.

Lekker Jag!