My negende boek - Oktober 2025
My nuutste boek, "Rooibos vir 'n nuwe vuur" (170 Bladsye) is nou beskikbaar!
Soos in my vorige boeke oor jag en die ver plekke, is die stories in hierdie bundel ook almal ware stories wat ek of van my jagmaats om kampvure vertel het. Die meeste stories gaan oor jag of ander avonture. En 'n paar humoristiese en nostalgiese stories
Abel Botha
Die boek (en al my vorige boeke) is by die volgende plekke beskikbaar:
Suid Afrikaanse lesers:Bestel die boek direk by my by abelbotha@outlook.com
@ R120 per boek (BTW Ingesluit) + R 40 koerierkoste (vir 1 tot 6 boeke) na meeste groter plekke in Suid Afrika. Afgeleë plekkies se koerierkoste mag meer wees.
Ook beskikbaar by Kakkerlak boeke by https://kakkerlak.co.za/
Oorsese lesers: Bestel die boek vanaf jou naaste Amazon.com tak in sagteband of hardeband formaat, of elektroniese (Kindle) formaat. Tik net Abel Botha in die Soek blokkie. Nuus vir lesers in Australië en New Zeeland: Amazon.co.au (in Australië) beskik ook nou oor die "druk-en-bind" fasiliteit - dit beteken dat, as jy die boek bestel, hulle dit amper dadelik kan druk en bind en binne 'n paar dae na enige plek in Aus of NZ kan stuur, teen BAIE laer vervoerkoste as voorheen. Ek het ook al die Amazon boekpryse verlaag na die minimum wat Amazon voorskryf.
Lesers in Tzaneen omgewing: Kry die boek direk by my by tel 082-773 1488 of by Letaba tak sekretaresse Liesel Roos (071-871 4710) by die BJV kantoor op die skietbaan.
INHOUD
‘n Toordokter wat sielkunde gebruik! 9
Dis nie altyd maklik om ‘n instrukteur te wees nie 17
Om nuwe stories te maak 23
Mier se verhaal (deur Hansie Botha) 45
Oom Abel en die Oubul (deur Henk Blaauw) 69
Die dag toe Stoney leer vlieg het (Henk Blaauw) 75
‘n Jagter in Rooiland 79
As ‘n ding nie wil vrek nie 97
“Wat soek jy op my plaas?!” 105
“Wie sê so?” 111
Amper ‘n byterige affêre 113
Johnny Walker geel-“label” (deur Johnny Rech) 121
‘n Koedoe, ontploffings en vlieënde bakstene 127
‘n Spook in die Soutpansberg 141
‘n Drank-dief in die jagkamp 147
Wie nie wil hoor nie, moet voel! (Lou v d Merwe) 151
As jou nood nie kan wag nie.... 155
‘n Perd het mos nie brieke nie 159
Fietse, visse en valle - en ‘n olifant! 163