Letaba tak van BJV is op 3 Februarie 1994 gestig met 31 lede. Die tak toon ‘n bestendige groei sodat daar tans meer as 700 lede in die tak is, wat dit die grootste nie-winsgewende organisasie in die omgewing maak.
Elke jaar word daar verskeie interessante aktiwiteite aangebied (sien die jaarprogram), met opleiding in jag en die natuur een van die vernaamste doelwitte – baie klem word veral gelê daarop om by kinders en jongmense ‘n liefde vir die natuur aan te kweek.
Letaba tak beskik oor ‘n natuurbewaringsgebied net buite die dorp, waarvan die ontwikkeling tans aan die gang is. Die helfte van die gebied is reeds met wildwerende heining toegespan met behulp van borge en daar word steeds gewerk om nog fondse te in vir die res van die heining en ander fasiliteite.
Dit is voorwaar ‘n pluimpie vir die lede van die Letaba BJV dat daar met soveel ywer en entoesiasme aan die uitbouiing van die jagsport en natuurbewaring gewerk word en die positiewe groei in ledetal bewys dat daar van wenresepte gebruik gemaak word!
Takke sal hulle VARS nuus as onderafdeling van hierdie blad opsit soos die opkom.
Druk die aangehegte kalender uit indien nodig
Laai jou nuusbriewe, omsend skrywes en fotos sodat almal dit met jou kan deel
Bosveld Jagters bied jou 'n wye verskeindenheid van kursusse, om jou kennis te verbeter, en jag of skiet dissiplines om jou vaardigheid te verfyn.
Veskeie SAPD gerakrediteerde dissiplines word op verskeie geleenthede tussen die takke geskiet.
Die verskeie takke se individuele lede word hier gelys per tak onder die afdeling TAKKE of gesamentlik onder die Uitvoerende Bestuurs ererol
Hierdie lede word intern in hul takke vereer vir buiten gewone diens
Aan die einde van Augustus elke jaar, is dit tyd om te kom spog met al die groot trofees wat jy deur die jaar ingepalm het. Die Uitvoerende Trofeemetingskompetisie is 'n geleentheid wat reeds sedert die ontstaan van BJV in 1969 elke jaar plaasvind en het reeds 'n tradisie geword wat min trofeejagters misloop. Daar is, benewens die eerste plekke wat vir elke spesie behaal word, ook 'n Grootkampioen en Binnelandse Kampioen wat jaarliks gekies word.
Administrasie van takke en uitvoerend word hier bestuur.