.303 SKIET DAG AAN GEBIED DEUR BJV LETABA TAK

23 Julie 2022 te BJV Letaba Skietbaan in Tzaneen

 

DAG PROGRAM / INLIGTING

 

07:00     -

Inskrywings by klubhuis. Vooraf besprekings vir skiet en ete kan gedoen word. (Sien aangehegte inskrywingsvorms en Inskrywings seksie as deel van die dokument)

 

07:30  -

 

Verwelkoming. (Verpligtend vir skuts)

 

Maak reëlings indien nie by verwelkoming kan wees nie. Indeling van wanneer skuts gaan skiet word deur gegee. Skuts word in aflossings van 10 vooraf ingedeel.  Afhangend van die hoeveelheid skuts op die dag, kan dit n druk program wees. Ons moedig skuts aan om vroegtydig in te skryf om die dag se beplanning en verloop te vergemaklik.

 

NB! Indien A) 2 skuts met dieselfde wapen skiet, B) Dieselfde skut vir dieselfde Skiet no  meer as 1 keer ingeskryf het, of C) Slegs Skiet no. 3 vir die dag gaan skiet en proef skote wil skiet, moet dit bevestig word in skrif/elektronies met inskrywing. Die skut of skuts moet erkenning van organiseerders kry vir die vergunning.

 

OOG EN OOR BESKERMING VIR SKUTS EN TOESKOUERS OP EN AGTER SKIETPUNT IS VERPLIGTEND!

 

07:45     -

Beweeg na 100m skietpunt. Wapens in sak of tas. Wag vir Hoofbaanoffisier se bevel voor wapens op skietpunt uit beskerming gehaal word. Wapens wys te alle tye na skietwal en slotte oop.

 

08:00  -

 

 

 

 

 

Aflossings A, B en C maak gereed. Skiet begin.

Skiet no 1 - Cabin FeverChallenge.( Sien aangehegte tabel vir volledige beskrywing. Met vergunning van LERA SA)

30 skuts kan gelyktydig hanteer word.  30 min per aflossing. Elke aflossing gaan 2 proef skote kan skiet. Die teiken kan besigtig en toe geplak word. Let wel! Net 2 proef skote per afstand op aparte teiken, wat voorsien sal word.

 

10:00  -

 

 

 

 

Aflossings A en B maak gereed.

Skiet no 2 - Drie afstand.(Sien aangehegte tabel vir volledige beskrywing) 20 skuts kan gelyktydig hanteer word. 60 min per aflossing. Skuts begin met Tabel op 100m. Elke aflossing gaan 2 proef skote kan skiet op 200m en 300m. Let wel! Net 2 proef skote per afstand op aparte teiken, wat voorsien sal word.

 

15:00  -

 

 

 

 

 

Alle aflossings maak gereed.

Skiet no 3 - Gong tabel.(Elke skut skiet 2 skote per gong. 5 Gonge, dus 10 skote.  Afstande tussen 100-300m) 4 skuts kan gelyktydig hanteer word. 6 min per aflossing. Geen proef skote kan geskiet word nie. Sien NB! Gedeelte C onder 07:30 Verwelkoming.

 

17:00     -

Uitstalling van verskillende .303's en items. Somiges waarvan jy dalk nog net van gehoor het. Bring jou eie .303 en bayonet saam. Vind dan uit wie en waar dit gebou of gemaak is. Kom spog bietjie.

 

18:00     -

Prysuitdeling en Buffel kaartjie trekking.

18:30     -

Ete en verder kuier om gesellige groot vuur.

 

INSKRYWINGS 

·         R150 per klas. lndien skuts in meer as een klas gaan deelneem, moet dit op die inskrywingsvorm aangedui word. (lnskrywingsvorms aangeheg.)

·         Skuts hoef nie al die skiet no in ‘n wapen klas te skiet nie. Elke wapen klas het 3 Skiet no wat geskiet kan word. Indien 1 skiet oefening of al 3 skiet oefeninge geskiet word, kos dit net R150.

·         Indien in meer as 1 wapen klas deel geneem word, is die koste R150 per wapen klas. Dus 3 wapen klasse sal bv: R450 kos.

SKIET OEFENINGE

·         Drie tabelle word aangebied.

·         Afstande wissel van 50m tot 300m.

·         Skuts kan in 1, 2 of al 3 tabelle met tot vier verskillende wapen klasse deelneem.

·         Aantal rondtes per Skiet no is: (Met n totaal van 45 tel rondtes)

Skiet no.1

Cabin Fever Chalange

20 skote

Skiet no.2

Drie Afstand

15 skote

Skiet no.3

Gong Skiet

10 skote

 

·         2 skote per gong. 5 Afstande 100-300m 150mm, 200mm en 300x300mm gonge.

·         Slegs 2 rondtes vir proefskote " Sigters" per 100m, 200m en 300m sal toe gelaat word, met ‘n totaal van 6 rondtes vir proefskote "Sigters". Dus, totale rondtes vir die dag is 51 per wapen klas.

·         Skuts sal die geleëntheid kry om na die aflossing sy teiken te merk met sy 1) Skut nommer, 2) Naam 3) Klas en 4) Aflossing. ‘N foto kan geneem word deur skut. Die teikens word deur baanoffisier afgehaal en na klubhuis geneem waar skote en tellings bevestig en ingelees word.

·         Tussen 17:00 en 17:30 kan tellings na gegaan word op ranglys. Wat op geplak sal wees by klubhuis. Dispute word dan uitgesorteer met dispuut komitee.

WAPEN KLASSE

Daar sal 4 wapen klasse wees;

A.      .303 Yster visiere.

B.      .303 Opties.

C.      Enige senterslag Yster visiere.

D.      Enige senterslag Opties.

ALGEMEEN

Snoepie en worsbroodjies beskikbaar deur die dag. Kamp en verblyf beskikbaar teen minimale koste.

VERSEKER ‘N GELEENTHEID OM LEKKER TE KUIER EN STORIES TE DEEL VAN LANK GELEDE. 

SIEN JOU DAAR EN BRING ‘N VRIEND OF TWEE SAAM!

VIR NAVRAE: WHATSAPP PIETER BEKKER 084 565 6916