Die 21ste Algemene Jaarvergadering van Letaba tak vind einde 2014 plaas. Hou die kalender dop vir die datum.

Dit is die belangrikste vergadering van die jaar, aangesien dit die tyd is wanneer jy, die lid, jou stem kan dik maak en besluite deurgevoer kan kry. (Onthou dat op die ledevergaderings slegs die Bestuur stemreg het, alhoewel enige lid insette kan lewer). Enige saak wat jy op die agenda wil plaas, of 'n nominasie vir 'n lid wat jy as Bestuurslid wil voorstel, of 'n lid wat jy as Lid van die Jaar of Juniorlid van die Jaar wil voorstel, moet ten minste drie weke voor die vergaderingsdatum skriftelik in die hande van die Taksekretaris wees.

Sien julle daar!