JUNIOR 1

Op Vrydag 23 Maart 2010kom 17 kinders (14 seuns en 3 dogters) by die BJV klubhuis op Tzaneen bymekaar. Die opgewondenheid is groot en so ook die verwagting.Die 17 kinders is nie net Tzaneeners nie maar Polokwane, Witbank, Witrivier en Pretoria is ook verteenwoordig.

Kamp word opgeslaan en elkeen sorg dat hy ‘n gerieflike lêplek het. Tente, karavane en ‘n groot kampvuur en ons is reg om met die opleiding te begin.

‘n Groot groep gewillige instrukteurs bring hul kennis en ervaring saam en dra dit op ‘n gepaste tog eenvoudige wyse aan die kinders oor. Daar word selfs 4 nuwe instrukteurs opgelei en hulle word die geleentheid gegun om klas aan te bied en geevalueer te word. Tydens die naweek lei ons ook 3 seniors op om vir  hulle CHASA toegewyde status aansoek te kan doen.

‘n Hele klomp teorie oor intresante vakgebiede word gedurende die naweek aan die kinders oorgedra en daar word praktiese illustrasies aan hulle gegee, van geweer skoon maak tot spoorsny, van teleskoop monteering en inskiet van gewere tot noodhulp maar die belangrikste het heel eerste gekom, nl. WAPEN VEILIGHEID.

Die baie breinwerk is kort kort afgewissel met praktiese skiet opleiding. Daar word ongeveer 1500 skote met .22 gewere uit verskillende posissies op verskillende teikens geskiet en toe kom die GROOT een, die ware Jakob om met ‘n groot geweer te kan skiet.

Ons het vir die 30-06 en die .308 gewere “downloads” ontwikkel en elke kind het ‘n paar oefen skote geskiet. Daarna het ons twee bane uitgelê en die kinders is een een per baan deur ‘n instrukteur op sy “PAPIER JAG” geneem. Die kind moes:  1. Lê en skiet na ‘n rooibok 2. ‘n leeu op kort afstand uit die “face” uit skiet en 3. ‘n vlakvark wat rustig staan en wei oor die skietstokke plat trek. Maar alles is nie net lekker nie!

Sondag breek aan en dit is die finale sessie “toets skryf”. Alles wat die naweek geleer is moet op papier weer gegee word.

Al 17 kinders slaag die kurses en die teoretiese toets en die skiet toets tel saam as ‘n eind punt. Nou is dit huistoe gaan tyd. Almal is dit eens dat dit lekker was om kurses te loop en kurses aan te bied.

Oom Schalk en Tannie June Robinson het ons bederf met lekker kos soos jy net by Letaba Tak kan kry.