Bosveld Jagters en Wildbewaring vereniging
BJV
Forgot Your Password?
Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging
MainMenu
 

Welkom by die

Hierdie lede-afdeling se doel is tweevoudig : Eerstens om inligting oor belangrike sake en aktiwiteite aan lede deur te gee, en tweedens om te sorg dat lede-inligting korrek weerspieël word. Om jou inligting na te gaan, gaan in by "lid besonderhede bevestiging" links onder op hierdie bladsy -log in deur jou lidnommer (sonder die H, S of J agtervoegsel) in te sleutel, saam met jou van en ID Nommer. Juniors of gesinslede moet op die hooflid se nommers ingaan. Indien jou besonderhede nie reg is nie of iets kort (ons soek veral selfoonnommers en e-pos adresse), of van jou kwalifikasies nie wys nie, beskryf asseblief die veranderings in die blokkie vir die doel onder aan die webbladsy en druk "send". Maak seker dat jou inligting korrek weergegee word - veral met betrekking tot adresse en selfoonnommers, kwalifikasies behaal en aktiwiteite bygewoon. Alle ledevergaderings, skietdae en kompetisies word van registers en presensielyste af opdateer. Indien jy met die inligting op jou persoonlike profiel hier weerspieël verskil, moet jy so gou moontlik met jou taksekretaris of sekretaresse kommunikeer om dit reg te stel. Jy is self verantwoordelik vir die verifiëring van jou data. Sorg dat behoorlike, verifieerbare brondokumente van jagte by jou tak uitkom sodat jou status as Toegewyde Jagter bewys kan word. Indien jy dit nie regkry om in te log nie, is jou ID Nommer op die databasis dalk foutief. Skakel dan asseblief jou taksekretaresse dat sy jou ID en lidnommer kan verifieer terwyl jy met haar praat.

Bosveld Jagters- en Wild- bewaringsvereniging bestaan uit 9 takke naamlik Kremetart in Messina; Soutpansberg in Louis Trichardt; Letaba in Tzaneen; Pietersburg; Potgietersrus; Waterberg in die Nylstroom area; en Magaliesberg in die Pretoria omgewing, Rustenburg en Hoedspruit. Elke tak bied 'n kaleidoskoop van aktiwiteite aan en elkeen het 'n eie kultuur uniek aan sy streek. Kontak die verskillende besture en vind meer uit oor waar jy kan inskakel. Hou almal se kalenders dop en geniet saam met die verskillende takke hulle aktiwiteite.

BJV is ook 'n wildbewarings- vereniging. Dit beteken dat elke lid 'n intense liefde vir die natuur koester en die belange van wild en natuur op die hart dra. Ons glo in die leuse : "Bewaring deur benutting" en ons glo dat die jagter 'n belangrike rol gespeel het in die suksesverhaal van die fenomenale groei van wildgetalle in Suid Afrika. In kort : Omdat jagters bereid is om te spandeer op jag, is dit vir grondeienaars die moeite werd om met wild te boer en dit is die groot rede waarom daar daagliks meer veeplase in Suid Afrika in wildsplase omskep word en waarom alle wild en ook roofdiere so geweldig vermeerder het in ons land.

Ons Redakteur, Piet de Jager, is voortdurend op soek na artikels, stories en foto's vir ons Impala tydskrif. Skryf asseblief jou storie van 'n lekker jag - onthou, ons is almal jagters, en dis net so lekker om te lees van die rooibokooi wat jy vir 'n uur lank bekruip het as om te lees van die groot buffelbul wat jy platgetrek het. Enige storie wat iets met jag te doen het, sal verwelkom word. Ons soek ook aktuele artikels en dan is ons engelse stories ook baie min - moenie bekommerd wees as jy nie goed kan spel of oor jou sinskonstruksie nie - Piet sal dit regdokter! Laat kom ook julle foto's wat ons kan plaas, skryf net kommentaar daarby. Piet se besonderhede is as volg : 

BJV Uitvoerend

List of sponsors - Advertisers on site
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
BJV