Bosveld Jagters en Wildbewaring vereniging
BJV
Forgot Your Password?
Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging
Ere - toekennings
 

Die volgende lede is bekroon met die BJV se Ere Lid Status:

DIE MUSGRAVE – TOEKENNING Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika het gedurende 1981 ‘n subkomitee aangestel om ondersoek in te stel na die moontlikheid om op gepaste wyse erkenning te verleen aan die prestasies van toegewyde en suksesvolle trofeejagters in die geledere van die georganiseerde amateur-jagopset. Dit het daartoe gelei dat die eerste toekenning, van wat tans as die “Musgrave Trofeë” bekend staan, gedurende 1984 geskied het. Die toekenning word deur die Konfederasie geadministreer asook beheer en geskied aan die hand van reëls wat geformuleer is ten einde alle aspekte van die aangeleentheid aan te spreek en wat kortliks die volgende behels: - Elke lidvereniging van CHASA kan jaarliks, voor ‘n spesifieke sluitingsdatum, ‘n jagter uit sy geledere vir ontvangs van die toekenning benoem. - Nominasie bestaan uit die voltooiing van ‘n omvattende aansoekvorm, verklarings, verslae, C.V. en ander dokumentasie. - Punte word toegeken t.o.v. onder andere verskeidenheid van spesies gejag, trofeegehalte, lande waarin jagtogte onderneem was, aktiwiteite ter bevordering van die amateurjagsport ens. en ‘n minimumpunt word benodig alvorens nominasie kan geskied. - ‘n Subkomitee van CHASA evalueer die nominasies en neem ‘n beslissing aangaande welke, indien enige, genomineerde in ‘n spesifieke jaar die toekenning sal ontvang. Die riglyne wat aanvanklik gegeld het vir die formulering van die reëls is vandag nog net so belangrik en toepaslik en wel dat die toekenning - Geheel en al ‘n Suid-Afrikaanse kleur moes hê d.w.s. toegespits wees op die Suid-Afrikaanse jagter en Suider-Afrikaanse wild. - Etiese jag en in die besonder trofeejag moes bevorder. - Erkenning moes verleen aan verdienstelike trofeejagters. - As aansporing moes dien vir die Suid-Afrikaanse jagter en die hoogste van sy soort in die land moes wees. - Die jagaspek moes beklemtoon, veral die verskeidenheid van gejagte spesies. - Nie tot wedywering tussen ledeverenigings moes lei nie. - Slegs eenmalig aan ‘n spesifieke jagter gemaak sou word. Dit volg dus dat die Musgrave-toekenning * Nie ‘n kompetisie is nie, maar wel ‘n ere-toekenning. * Ook nie ‘n reisies is waarin meegeding word om te sien wie eerste by ‘n “wenpaal” aankom nie. * Geen wedywering tussen ledeverenigings van CHASA is om te sien wie se lede die meeste toekennings ontvang nie – almal moet saamwerk om erkenning aan die mees-verdienstelike kandidaat te verleen. * Nie vir die buitelander toeganklik is nie. * Nie beoog om die persoon wie die meeste trofee in die kortste moontlike tyd verkry, te vereer nie. Die toekenning self bestaan uit ‘n bronsbeeldjie van ‘n Boesman in tipiese jaghouding, gemonteer op ‘n paslike houtvoetstuk en is die skepping van die baie bekende beelhouer, Jo Roos. Dit bly die eiendom van die ontvanger en is nie ‘n wisseltrofee nie. Daar word streng gewaak teen die verlaging van standaarde in die toekenning van die trofee en tans beskik dit reeds oor geweldige prestige-waarde, nie die minste waarvan daarin lê om bloot vir ontvangs daarvan genomineer te word nie.

Volgens die Grondwet van BJV, word die Honorus Signum as volg beskryf: ‘n Ere-toekenning wat bekend sal staan as die “Honorus Signum” toekenning kan toegeken word deur die Uitvoerende Bestuur aan ‘n lid wie: 21.1 Vir ‘n ononderbroke tydperk van 5 (VYF) jaar ‘n volopbetaalde lid van die Vereniging was en uitsonderlike voortreflike en onbaatsugtige diens aan die Vereniging in die besonder of die jagsport in die algemeen gelewer het, of; 21.2 Vir 'n tydperk van minstens 10 (TIEN) jaar onafgebroke op 'n Bestuur en/of die Advieskomitee gedien het.

FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
FilmStripImg
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
Bosveld Jagters Posbus 1771, Polokwane,0700 Tel nr: 015 2913820 Fax: 0862675365
executive@bushveldhunters.co.za
BJV